Server is weer 100%

Ek is bly om te se, die server is nou weer 100% aan die gang. Ek kannie glo wat die probleem was nie. Daar was ‘n interface van eth0:0 opgestel wat dieselfde is as interface eth0 in die interfaces config file. Dit het veroorsaak dat die server begin sukkel het om data te route op die kernel level. Linux laat jou toe om dit te doen vir een of ander rede. Maar is nie ‘n goeie ding as jy nie presies weet wat dit gaan doen nie.

Anyway, om ‘n lang storie kort te maak. Die server is nou so vinnig soos hy nog nooit was nie. Julle sal opmerk dat al die websites op die server nou lekker vinnig op-pop, soos dit hoort.

Phew, bly dit is gesort.

This entry was posted in Algemeen and tagged . Bookmark the permalink.

Leave a Reply